Skip to main content
Shemot /Exodus 23:13 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.

Omtrent heidense name, titels en woorde

JHWH is 'n jaloerse Elohiem: As jy Hom wil aanbid, moet jy slegs vir Hom aanbid. In Deu 12:3 staan daar die volgende: "En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn".

Hoe pas ons die gebod toe om die name van ander gode nie te vermeld of uit ons mond te laat hoor nie?

Ek dink nie dit beteken dat ons glad nie na hulle by name mag verwys wanneer ons ander teen hulle waarsku nie, want dan sou die profete gesondig het, maar dat ons hulle name nie mag noem om hulle te eer of te onthou nie. Dit skep 'n paar praktiese uitdagings vir ons wat in 'n heidense beskawing met 'n heidense kalender lewe.

Die name van die dae van die week en die meeste maande is heel duidelik heidens, maar wat van ander heidense name? Daar is sekere mense wat leer dat name, titels en woorde soos Jesus, God, Amen en Here heidens is, en dat jy besig is met afgodediens indien jy dit gebruik. Dit is 'n baie ernstige stelling wat gemaak word, en as dit waar is moet ons daarop ag slaan. Dit is dus nodig dat ons noukeurig daarna sal ondersoek instel.

Op u linkerkant sal u 'n blok sien met skakels na artikels oor verskeie name, titels en woorde. Ek sê nie dat ek beslis reg is nie, dit is moontlik dat ek foute kon maak, maar wat ek geskrywe het is gebaseer op my navorsing en my (hopelik logiese) gevolgtrekkings. Kommentaar soos altyd baie welkom.

Shalom,

Gerhard (Gai-Gai) Groenewald

(ek gebruik my bynaam om my te onderskei van al die ander Gerhard Groenewalds)

Syndicate content